Goeie nuus?
Vandag gaan
niemand my oortuig dat die koerant net vol slegte nuus is nie! (Buurman van
lank gelede het altyd na die Afrikaanse dagblad verwys as “Die Staatskoerant”.
Dit was toe.)
Dis ‘n stil dag
hier om my. Selfs ou Poi gaan my nie vandag pla nie. (Nou nie asof hy nie hard aan die probeer is nie!)
Behalwe dat ek nie
lekker die hoofopskrif “’n Skok, sê pa van nuwe Bok-kaptein” verstaan nie (in die berig is die pa nederig dankbaar vir die eer wat sy seun te beurt val), is daar heerlike leesstof in my mooie taal.
As dit nou die manier is om die koerant vanoggend te verkoop, is dit seker
beter as om dit met die nuus van (nog ‘n) nare moord te doen…
Ag, nou ja, die
eerste paar velletjies is maar karig en narig.
Maak nou eers
‘n lekker koppie koffie, sit ‘n kussing op die stoel en vou daai Kuns &
Vermaak deel oop. Pieter-Dirk Uys gee my sommer weer ‘n huppel in
my stap. Ek hou van sy eerlikheid. En ai, Hermanus se FynArts fees klink na
absoluut dit: ‘n Fees!
My hart is
saam seer oor die Victoriameer. En dan vrolik Kiewiet en sy span my lewe weer
op! Hou aan, jongman! Mag jy en jou span nog baie houtwerk doen dat die
saagsels so spat!
En met Gatebe se
Comrades-oorwinning maak ek sommer ‘n draai in KZN waar stukkie van my hart lê.
Die Buite-Burger
vertel verder van ons dapper avonturiers wat die Expedition Africa aangepak
het. Ons mag dalk net duskant die rommelhoop lê as dit by sommige sake kom,
maar die Suid-Afrikaners weet van uithou en aanhou! Volgens die volstruisstorie
kan sommige atlete dalk oorweeg om saam met dié langnekke te oefen.
En so na die
laaste slukkie koffie wonder ek of daai kuier langs die Weskus se reservaat nie
dalk op die emmerskop-lysie moet kom nie…. My enigste probleem is dat ek
dikwels onbedaarlik wil begin giggel sodra ek doodstil moet sit in ‘n
voëlskuiling…
2 comments:
Toets
Nou werk comments weer 100%
Post a Comment