Skryf in styl
Elke dag van 8 tot
5
sit sy fluks en skryf
sit sy fluks en skryf
Soms gee dit ‘n
knak in haar lyf
maar manlief gee nie om om te vryf
maar manlief gee nie om om te vryf
Die vriendin van
my skryf dikwels oor ‘n wille wyf
genadiglik hou haar karakters hul nie besig met drank en ‘n gekyf.
genadiglik hou haar karakters hul nie besig met drank en ‘n gekyf.
So word ek geseën
met baie verskillende maatjies oor my pad wat my lewe opkikker!
Vir een kan ek ‘n
sms stuur en vra: kyk jy ook tennis? Vir ‘n ander kan ek in nood laat weet: bid
asb vir my! Vir een stuur ek ‘n foto van my jongste prentjie wat ek teken en
hoor: ek sien uit na die eindproduk. By ‘n ander kan ek sommer net gaan sit en
gesels. Een is my sielkundige. ‘n Ander my mentor. Een geniet ‘n koppie koffie,
‘n ander drink nie eens ‘n glasie wyn! Met sommige gesels ek net nou en dan,
maar ons kan altyd met die gesprek aangaan waar ons voorheen opgehou het...
En saam kan ons
net mekaar geniet. So dankbaar dat hulle my aanvaar soos ek is.
Ek wil nie hê een
van hulle moet verander nie. Elkeen so kosbaar en spesiaal. En in my hart het
ek plek vir elkeen - en nog baie, want soos die seisoene aangaan, kom nuwe
vriende by wat nuwe perspektief aan my lewe gee.
Dankie dat ons
saam kan dra aan die swaar en saam kan swymel in die soet…
Miskien is vriendskap vir my die gemak waarmee ek met iemand kan omgaan…
Tyd om verder te gaan lees aan daai vriendin se boek!
2 comments:
Lekker lees, Vriendin :)
Dankie! Ek geniet al die stories wat oor my pad kom!
Post a Comment