Spesiaal net vir jou
Het jy al onwelkom
gevoel?
So asof jy nou
effe spyt is dat jy die werf betree het. Wens jy kon in trurat weer terugbeweeg
deur die voorhekkie.. ..
So sleg soos wat
dit is, so wonderlik is dit om met ope arms en ‘n hartlike glimlag ontvang te
word. Hoe lekker om toegevou te word in ‘n welkomgroet! Om te weet daar is
uitgesien na ‘n weersiens. Om sommer net aan te gaan met die gesels waar julle
laas opgehou het… Om te weet: hier kan jy maar saam lag en saam trane afvee.
Wanneer jy by ‘n
vriendin kuier en daar is vrolike tuinblommetjies in ‘n uitsoekpotjie op die kassie
voor jou bed, hoef jy nie eers twee keer te dink nie: dis vir die kuiergas(te)
bedoel.
Dan weet jy – dis
spesiaal net vir jou!
No comments:
Post a Comment