Die ABC
Anderdag vertel ‘n
onderwyser aan my man dat hy ‘n “storiesom” vir die klas gee om te doen. Iets
soos: Daar is vyf rye bome. Daar is
dertien bome in elke ry. Hoeveel bome is in die boord?
Van die leerders
vra: Wat is ‘n boord?
Die onderwyser verduidelik
dat bome wat vrugte dra wat geëet kan word en in rye geplant word, ‘n boord is.
Hy besef ook dat hulle nie weet wat ‘n plantasie is nie.
Die enigste manier
hoe hy vir hulle kan wys hoe ‘n boord en ‘n plantasie lyk, is om sy selfoon in
die klas om te stuur om vir hulle te wys hoe dit lyk. Hy spreek die wens uit om
‘n projektor in sy klas te kan hê sodat hy vir die kinders kan wys hoe dit – en
baie ander wonderlike dinge – lyk.
En nee, die
skooltjie is nie in die boendoes nie.
Sjoe, ek is
bederf!
Ek geniet my
rekenaar en besoek die Universiteit van Google wanneer ek iets meer wil weet –
soms in die middel van ‘n tv fliek of storie wat ek lees, kyk ek gou bietjie
oor die dinge waaroor ek wonder. Die dae van projektors is vir my iets van lank
gelede… en daai kinders het nie eens so-iets in hul klas nie!
Later die dag ry
ons verby ‘n ander skool en ek merk op hoe donker dit binne-in die klasse is.
Dis om elektrisiteit te bespaar.
Sjoe, ek is
bederf!
No comments:
Post a Comment