Prioriteite
Vandag is dit ‘n
grys dag in die Kaapse middestad.
Nou en dan lig die
wolkekombersie op oor die berg, maar dan blaas die windjie weer ‘n nuwe grys
lagie nader.
Ek trek my tafel
tot teenaan die venster om maksimum lig te kry. Vandag wil mens nie in duister
gehul wees nie. ‘n Maandag is op sigself ver genoeg van die volgende naweek af!
Met mooi musiek
wat om my spoel, kry ek sommer moed vir die taak wat wag: dis tyd om die vorige
maand se uitgawes vierkantig in die oë te kyk. Dis nodig om te kyk hoe ons
verandering van leefstyl ons ekonomiese situasie raak. Maar Aprilmaand het
verskonings van sy eie – drie verjaardae en ‘n gesinsfees…
Ek spaar graag weer
fluks vir ‘n volgende kuier saam met ons kinders! So kosbaar!
Dit laat my dink
aan die tannie wat so graag ‘n “nuwe badkamer” wou hê. Elke keer as hulle
genoeg gespaar het, het die gesin besluit dis tyd om met vakansie te gaan.
Einde van die storie was dat die kinders – na die tannie se afsterwe – eens was
dat hulle elke vakansie geniet het en kan onthou. Die “ou badkamer” was goed
genoeg.
A comfortable
house is a great source of happiness.
It ranks immediately after health and a good conscience .
– Sydney Smith
It ranks immediately after health and a good conscience .
– Sydney Smith
Hier steek ‘n
ligblou stukkie hemel uit. Dalk tog ‘n goeie plan om lekker warm aan te trek en
‘n entjie te gaan stap…
No comments:
Post a Comment