Tuesday 3 May 2016

Die Capies se Kalkbaai.

Wanneer laas was jy op Kalkbaai se hawe?

Wat ‘n kleurryke plek vol vriendelike karakters.



Vandag was die robbe sommer lekker woelerig en het hulle die water anderkant die hawemuur behooorlik omgeklits. Die omie wat lekker in die sonnetjie sit en bak, vertel my dis die plek waar hulle paar. Wie’s ek om te stry.


Die een ou groot rob wat in die son sy lê kry, word met ‘n besem weggeboender. Die arme gedierte se een oog lyk of hy ‘n hap gekry het. En bietjie later sien ons ‘n pragtige blinklyf rob en weet sommer daar was seker kompetisie in die omgewing…





Wat ‘n mooie plek, dié Kalkbaai.

En hoe lekker smaak die vis!!! 


Die vissermanne gooi die blinklywe oor die rand van die boot - varser kry mens nie!




No comments: