Die stilword op ‘n Sondag
So uitgesien na
vriende se kuier vandag hier by ons in onse kasteel. Maar toe raak manlief
siekerig en besluit ons dat dit nie reg sal wees om die kieme verder te
versprei nie.
Dis ‘n rustige dag
hier. Stilword. Rus.
Met heerlike kos!
Ek geniet myself om rustig te kook met die vars produkte wat gister aangekoop
is. En ek hoop die heerlike geure laat liefie spoedig kans sien om te kom
aansit aan die gedekte tafel. Net vir hom. Met baie vitamines!
Gelukkig is hier
genoeg mooi tennis op die tv om ons besig te hou!
Sien steeds uit na
die kuier saam met vriende! Dit bly kosbaar en spesiaal! Ek kook daai maaltyd
vir julle op ‘n ander keer. Met ‘n gesonde man aan my sy!
No comments:
Post a Comment