Stilte in die stad.
So met die
verskuiwing na die middestad, steur ons ons aan Hebreёrbrief wat maan: “Ons
moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is
nie…” (Heb. 10:25)
Ons gaan loer in by verskillende kerke in die omgewing en
voel ons tuis by veral die een wat spreek van eenvoud. Dis stapafstand van ons
kasteel en ons voel tuis tussen die vriendelike mense van oraloor wat mens met
die hand kom groet en selfs ons name onthou van ‘n vorige keer.
Kort na ons
aankoms in Kaapstad, lees ek een van Pamela Jooste se boeke. Heerlik om te lees
van straatname en plekke hier om ons. Die boek raak my hart aan.
‘n Week of so
daarna sit ons die oggend in die kerk. Ek kyk ingedagte op na die
loodglasvenster naaste aan my. Ja, sowaar, dis die een waaroor Pamela Jooste in
haar boek skryf! Soos my wyse vriendin
sou opmerk: Toe val God se lig daarop. G’n niks toevallig nie!
Vanaand sit en kyk
ek weer na die venster.
Dis Hemelvaart.
No comments:
Post a Comment