Trippe Trappe Trone
Diep in sy
binneste het die skrywer van dié rympie van ouds sekerlik gedroom oor fietsry.
Soos in hedendaagse fietsry. Want om deesdae op die fiets”troon” te sit en vir
ver “trippe” te trap, is mos die in-ding.
Vir sommige.
Een ding weet ek
vir seker: vir ‘n seer agterstewe sien ek nie kans nie. Nog minder as dit uit
eie vrye keuse is.
In ons motorhuis
se dakbalke het die klein BMX van toeka se kleintyddae gehang. Die seuns het
besluit hulle bou ‘n ramp in die
straat voor ons huis. Want ma het mos hoeka gesê: Gaan speel buite! Hulle het
vir fietsie gaan afhaak, hul roete mooi beplan en ja, soos julle gedink het:
geval! Ek het sommer die huisdokter gebel en gevra hy moet oudste voor ons huis
met sy bakkie oplaai op pad spreekkamer toe. Daar was te veel bloed om hom in
die motor te laai en ek het nie geweet waar om te begin om die bloed wat oral
stroom, te keer nie. Ek is saam spreekkamer toe om te “assisteer” en dit was
twee lange ure se steke insit en wonde verbind tot ons weer kon huis toe met ‘n
kind wat baie deurmekaar was van die harsingskudding.
So leer mens.
Of toe nie.
Daai kind ry fiets
soveel hy kan! Genadiglik deesdae op ‘n fiets wat groot genoeg is vir sy
liggaamsbou!
Onlangs stap ons
in een van Woodstock se kreatiewe stegies en kom op die kunswerk af.
No comments:
Post a Comment