Die lekker kurwes
So met die winter
kom die kurwes. Dis onvermydelik. Dis winter. Dis ‘n ekstra ietsie te ete. Dis ‘n
ekstra skeppie kos. Dis ‘n warm sjokoladedrankie. ‘n Glasie muskadel. Lekker
warm kos. Nog ‘n skeppie nagereg…
Die swembadwater
is koud al probeer hulle my oortuig dis verhit … en ekstra nat …
En dis darem so
lekker snoesig voor die kaggel of onder die kombers…
Vriendin merk op: “Mens
moet kies tussen plooie en oorgewig.”
Maar my klere sit
skielik bietjie styf om die lyf. En dis ongemaklik om onder die yskas skoon te
maak. En het die trap altyd soveel klim gekos?
Dis triestig en
grys buite. Onplesierig om uit te gaan vir ‘n stap… Oorgenoeg verskoning vir
nog ‘n koppie koffie met ‘n roomkoekie.
Maar die winter
het gedraai – volgens die kalender – en oor 8 weke is dit lente. Waar is my
stapskoene en my dik baadjie en gebreide keps? Kom, ons gaan stap. Dan kan ons
weer lekker eet!
No comments:
Post a Comment