Bo-Kaap se bekoring
Laatmiddag is daar
altyd sonskyn in die Bo-Kaap. Of die son nou wel skyn of nie!
Die huisies se
kleure raak al meer modieus soos die jare (en die verfverskaffers se
kleurkaarte) vorder.
Dis ‘n vrolike
buurt met inwoners wat geselsies met mekaar aanknoop, seuntjies wat bal skop en
kindertjies wat oor en weer speel. Op ‘n Sondagmiddag is daar so ‘n ekstra
woeligheid soos die sonnetjie opgesoek word en die bure mekaar vriendelik
groet.
Meeste van die
historiese huisies word gerestoureer en is pragtig opgeknap. Hier en daar is ‘n
bouval wat hartseer besig is om inmekaar te tuimel.
Hier is sekerlik
lieflike stories wat van geslag tot geslag oorvertel word. Sommige met Kaapse
humor, ander sekerlik hartseer.
Ek dink dis tyd
dat ons vir ‘n laatmiddag stappie gaan…
Daai lekker geure uit iemand se kombuis kan dalk net vir my inspireer vir ‘n geurige kerriedis vir aandete…
Daai lekker geure uit iemand se kombuis kan dalk net vir my inspireer vir ‘n geurige kerriedis vir aandete…
No comments:
Post a Comment