Sjoe, sjokoladekoek!
Oor die naweek het
ons Riebeek-Kasteel toe gery. Sommer net om die lewe te vier. En die mooi van
onse land te geniet.
Dis so ‘n mooie
vallei waarin die twee dorpies lê. Met vriendelike mense wat graag gesels en
maklik saam lag.
En na ‘n stappie
deur die dorp om geen enkele winkeltjie te mis nie, is mens mos dors. Dié dat
die gawe jongman besluit het hy moet ook sy bierbrouery hier vestig. Glad nie
sleg nie!
Eintlik wou ons
net van die magiese olyventjies van ouds se produkte daar in die mooie vallei
gaan koop….
No comments:
Post a Comment