Dans, dans, dans!
Hoe lekker het ons
gisteraand gelag en die vreugde van sing en dans geniet!
Kanala in die Fugard Teater hier in die stad is aan te beveel! David
Kramer kan maar!
Die manne van die
veld glo dat sport mense bymekaarbring, maar sing en dans doen dit darem op ‘n
baie spesiale manier!
Distrik Ses se
leed sal my altyd aanraak. Die stories wat dit voortbring, is kosbaar. En dit
gee aanleiding tot interessante gesprekke en gedagtes.
En altyd is dit
die mense van Distrik Ses se ritme en humor wat harte verbly! En voete laat
jeuk! O, die Kaap is ‘n spesiale plek! En die Kaap se mense is kosbaar!
No comments:
Post a Comment