Die lekkertes van die lewe
Vandag was ‘n
bederfdag.
Wat ‘n voorreg om
lekker agteroor te kan sit en lekker te eet! Mooi kos! Kwaliteit kos!
Restaurant personeel wat oorloop van vriendelikheid en die bedryf verstaan!
Heerlike geselskap!
En om laatmiddag
die bus te vat tot hoog in Kloofstraat en gesels-gesels terug te stap tot by
ons kasteel, is op sigself ‘n belewenis! Die interessante huise langs die pad
is altyd ‘n lekker onderwerp van bespreking – wonder wie woon daarin; hoekom
sou die eienaar dit hierdie eienaardige kleur geverf het; foeitog, kyk hoe
verwaarloos is hierdie een; kyk net hoe slim het hulle hier gerestoureer …
Die sonnetjie wat
ons gaan soek het, het skielik agter Seinheuwel verdwyn, maar met mussie en
handskoene was ons gepantser teen die koue. En na die stap is dit tyd om te kyk
wat die koskas oplewer vir nog ‘n lekker ete!
2 comments:
Om so deur jou blog te lees, voed jy n verlang in my. Dankie vir siels voedsel Linda xx
Altyd lekker om met jou te deel. Of dit nou oor koffie is of oor baie kilometers ver..... Lxx
Post a Comment