Die Grootheid om ons
Onlangs het ek
weer gehoor van die nood van die vlugtelinge oraloor in die wêreld. Die angs
wat gepaard gaan met vlug vir jou lewe. Om jou gesin na veiligheid te neem. Om
die dood in die oё te kyk. Om keuses namens ander te maak en om te glo dat dit
die beste besluite is wat jy neem.
Hoe bevoorreg is
ons!
En dan skryf ‘n sendeling aan die einde van
haar (skokkende, maar baie insiggewende) nuusbrief: ”As
ek sien wat God alles doen, is ek net dankbaar vir die chaos. Want mense
in chaos is mense in nood. En dit is God se spesialiteitsgebied.”
Aan
die einde van ‘n heerlike dag, slaan ek my oё op na die berge – en sien God se
strome van seёn oral om my. Mag ek dit nooit as vanselfsprekend ervaar en
aanvaar nie…
No comments:
Post a Comment