So begin ons lees…
My ma het graag
die storie vertel hoe sy die nefie moes help met huiswerk. Sy was ‘n jongmeisie
wat by haar verloofde (my pa) op die plaas gaan kuier het. Nefie se
belangstelling was meer op wat deur die venster op die werf gebeur en elke nou
en dan was daar vurige kommentaar oor waarmee oupa buite besig was. So is hulle
eendag besig met ‘n klank-les. Op die foto is ‘n man met ‘n stok in sy hand en
langsaan natuurlik die klanke wat
geoefen moet word. Nefie klink toe flink: “s-t-o-k” en toe, baie in sy skik met
homself, spreek hy die woord wat pas geklink is, uit: “kierie”!
Ekself was ywerig
leesgierig met my eie interpretasie van woorde en klanke. Hierdie is my eerste
boek waaruit ek toe-oё kon “lees”.
En dit is hoe ek
dit “gelees” het:
“Hierdie bryn uier eet ek vir onderbyt!”
Ek is nog net so lief vir lees. En 'n ordentlike ontbyt met 'n vars plaaseier is hoog op my prioriteitslysie!
No comments:
Post a Comment