Klinkklaar klanke
Gister stuur ‘n
dierbare omgee-vriendin van ver vir my ‘n lied van Juanita du Plessis wat my
opnuut herinner dat ek die Koning se kind is. Ja, vriendin, soos jy weet,
verjaar ons nie net op dieselfde dag nie, maar is ons in die ware sin van die
woord bloedfamilie! Jy ken my hart!
Vanoggend speel ek
sommer die lieflikste lof- en loofmusiek! Die vreugdeklanke vul ons hele
kasteel! Ek het voorwaar ‘n lied in my hart. En ek dans sommer van vreugde!
En huisskoonmaak
is sommer ‘n lekkerte. Dankbaar dat ek dit kan doen! Dankbaar dat ek ‘n kasteel
het om skoon te maak!
As jy daai “gevoel”
in jou binneste het dat jy vir iemand ‘n boodskap (of ‘n liedjie!) moet stuur,
doen dit! Dit kom nie van jou af nie. Dankie, vriendin, dat jy gehoorsaam was.
Ek kon gister, na ‘n paar uitdagings, rustig gaan slaap.
Ja, my pa is DIE
KONING! En daaroor sal ek jubel!!!
No comments:
Post a Comment