Seelug en sonskyn!
Wat ‘n voorreg om
in die mooie Waenhuiskrans te kuier! Die plek het diep spore in my gemoed
getrap! Van kleinsaf is my spoortjies daar in die sand langs die bloue oseaan.
Die lekker herinneringe
is kosbaar.
Sommige dinge het
presies dieselfde gebly… Soos die bietoubosse. En die sandduine se spore wat
verby die grotte se kalkbanke loop. Die baken waar my pa groot visse uitgetrek
het.
Die see by
Waenhuiskrans het ‘n blou van sy eie. Onbeskryflik mooi. Dalk is dit die kleur
se naam: “Onbeskryflik blou”!
No comments:
Post a Comment