Kristalhelder
Heerlik om verras
te word met sneeu en yskristalle wat fassinerend mooi is!
Vroegoggend het
ons gewonder hoe naby ons vandag aan die sneeu sal kan kom. Ek het gehoop om
darem ‘n foto’tjie van ver af te kan neem…
Ons ry Witsieshoek
toe. Kronkelpaaie tussendeur die duisende huisies. Op teen die berge en af teen
die dale. En op-op-op teen die bergpas tot by Sentinel piek.
Die sneeu lê wit
tot in die pad! Ons speel soos kinders saam met ons kinders in die sneeu en bou
‘n sneeuman (sonder ‘n wortelneus!).
Dis moeilik om
uiteindelik ‘n “foto van die dag” te kies, want daar is soveel kosbare
oomblikke vasgevang. Vol heerlike verrassings was hierdie dag – soos die lewe
self!
Opnuut in
verwondering oor hierdie lieflike mooie land van ons.
No comments:
Post a Comment