Soos engelekore!
Varsity Sing – wat
‘n voorreg om na sulke koorsang te luister! Met soveel jongmense wat met soveel
dissipline oefen en optree, kan ons net vorentoe in hierdie spesiale land van
ons! Ja, ek weet daar is soveel ander wat op ‘n ander vlak leef, maar hierdie
klomp jongmense gaan iewers hul merke op ander vlakke ook maak. Hulle sal maar
net van die ander jongmense – wat dalk nie dieselfde geleenthede gehad het nie –
moet optel, hoop gee en saamdra!
Ai, ek verlang
sommer nou na Bolandse berge, ‘n riviertjie wat onder die akkerbome
deurkronkel. En ook na die verre paaie van Afrika!
Ja, musiek bind
mense saam!
En hoe het dit aan
my hart geraak toe Loyiso Bala, een van die beoordelaars, noem dat waar hy
vandaan kom, koorsang meer populêr is as sport – “elke straat het ‘n koor – dit
bring mense bymekaar wat nie noodwendig ‘n rugbybal of krieketkolf kan bekostig
nie”.
1 comment:
En het jy nie jou wens i.v.m. Bolandse berge, akkerbome en riviertjies in oorvloed gekry nie!
Post a Comment