Wednesday 6 July 2016

Die lekkertes van die lewe

Vandag was ‘n bederfdag.

Wat ‘n voorreg om lekker agteroor te kan sit en lekker te eet! Mooi kos! Kwaliteit kos! Restaurant personeel wat oorloop van vriendelikheid en die bedryf verstaan! Heerlike geselskap!


En om laatmiddag die bus te vat tot hoog in Kloofstraat en gesels-gesels terug te stap tot by ons kasteel, is op sigself ‘n belewenis! Die interessante huise langs die pad is altyd ‘n lekker onderwerp van bespreking – wonder wie woon daarin; hoekom sou die eienaar dit hierdie eienaardige kleur geverf het; foeitog, kyk hoe verwaarloos is hierdie een; kyk net hoe slim het hulle hier gerestoureer …  


Die sonnetjie wat ons gaan soek het, het skielik agter Seinheuwel verdwyn, maar met mussie en handskoene was ons gepantser teen die koue. En na die stap is dit tyd om te kyk wat die koskas oplewer vir nog ‘n lekker ete!

2 comments:

HakskoenPlatskoenKaalvoetMarina said...

Om so deur jou blog te lees, voed jy n verlang in my. Dankie vir siels voedsel Linda xx

Unknown said...

Altyd lekker om met jou te deel. Of dit nou oor koffie is of oor baie kilometers ver..... Lxx