Wintervreugde
Dis werklik die
eerste winter – en ek het al ‘n paar deurleef – waar mense nie kla wanneer dit
reёn nie.
Hier in die Kaap is ons intens bewus van water. Moes mos al lankal so
wees, maar dis gewoonlik eers wanneer die wolf aan die deur klop, dat mens
aandag gee aan watter verskil jou aandeel kan maak. Soos destyds met die
elektrisiteits-debakel. Moes toe ook eers bietjie kragteloos gelaat word om te
luister.
Deur die nag het
ek geluister hoe die wind die watertjies naderwink. En voor ek weer aan die
slaap kon raak, die wondersoete geluid van water wat drup-drup later ‘n dikker
straaltjie word.
Andernag wonder ek
toe so by myself: watter geluid maak water? Water op sigself het nie ‘n klank
nie en ook nie ‘n kleur nie en ook nie ‘n vorm nie. Ook nie veronderstel om 'n reuk te he nie!
En toe ek namiddag
hier by die venster uitloer, sak daar sowaar weer ‘n buitjie uit. Alte heerlik!
No comments:
Post a Comment