Is jou tenk vol?
Vanoggend is my
tenk effe leeg. Seker die langnaweek wat te lekker was?!
Dis nogal
belangrik om mens se tenk vol te maak met die regte “oktaan”. En nog
belangriker dalk, is om te weet dat die tenk effe leeg is. Voor dit dolleeg is.
En o aarde, as jy
die verkeerde goed in daai tenkie gooi, is dit groot moeilikheid. Vir jou
voertuig en vir jou.
As mens deur
Afrika toer, is dit noodsaaklik om te weet wat is wat. Skielik is gasoline iets anders. En petrol of petrolia en diesoline is ook nog daar om mens se kop deurmekaar te maak. Dan
verkoop die locals daar ook iets in
groot kanne. Kan mens glo wat daarin is, is werklik daarin?
Vandag moet ek myself
met die regte energie laai.
Mmmm, slim keuses
is nodig.
No comments:
Post a Comment