Twee maande gelede
was ek bederf met ‘n onthou-vakansie in Knysna. Dit was my verjaardag en ons
het twee nagte in die lieflike Elephant Hide bo-op die koppe bokant die vlei
oornag.
Vanoggend praat ek
met die eienaars. Hul plek het behoue gebly. Die landmerke rondom hulle waarvan
sy my vertel, is uitgewis. Die eienaar en van die werkers het teruggegaan en
kon hul eiendom red. Rondom is groot gasteplase en huise vernietig.
Timber Village,
die interessante plek met die eeue-oue houtstompe en waardevolle stukke, is
alles tot as verbrand. Tydens ons besoek aan hulle, het ons met die eienaar
gesels en saam die reuk van hout waardeer en die kleur en grein van die
verskillende houtsoorte beskou en bewonder. Sy liefde vir die hout was so
opsigtelik. Sy hart sal stukkend wees….
Knysna sonder die woude? Ek kan my dit nie voorstel nie.
No comments:
Post a Comment