Die doolhof
‘n
Labirint en doolhof is min of meer dieselfde ding. Labirint was die oorspronklike naam
van die doolhof op die eiland Kreta. Dan is die labirint ook die groep halfsirkelvormige
kanale in mens se oor. Maar daarby wil ons nie nou vashaak nie. Dis ‘n
wonderwerk op sigself wat op ‘n ander dag beskou kan word.
Een doolhof of dwaaltuin is een
stelsel van paden die langs omwegen naar het doel leiden.
In het Nederlands verwijst het zowel naar een complex vertakte puzzel
met keuzes van pad en richting, als naar een labyrint met slechts één
niet-vertakte baan naar het centrum.
So kan ek myself in ‘n doolhof
van my eie emosies en gevoelens dompel! So onnodig! Veel makliker en
eenvoudiger om net die oomblik te beleef, geniet en aan te beweeg na die
volgende watookal.
Vanoggend is dit ‘n mallemeule
in my kop. Voel behoorlik of ek in die wasmasjien vasgevang is. Tuimelend die
kant toe, dan weer daai kant toe. Te min om my besig te hou! Mos nie verniet dat
ons leer “ledigheid is die duiwel se oorkussing” nie! En vir die wat nie weet
wat dit beteken nie: As mens niks te doen het nie, kom jy in allerlei
versoekings. So is dit. Daarteen moet ek waak.
En dan haak ek weer vas by
Ronell Bezuidenhout se boek waarin sy skryf hoe belangrik dit is om stil te
raak. Om nie vas te haak by wat die wêreld van ons verwag nie: “Ons is veel
meer as masjien….. Die verstand wil oplossings kry en aanbeweeg. … ons het die
breinkrag…. Die siel vra stilte en versorging … kwaliteitstyd… Die besige mens
jaag teen die horlosie, en as jy moeite doen om jou oor teen die klok te hou,
hoor jy: rand, sent, rand, sent…. “
Dis nou in dié doolhof waarin
ek my vanoggend weer bevind het.
Maar dankie tog! Daar is een
pad na die middelpunt van die labirint! Ek kan nie verdwaal nie!!!
No comments:
Post a Comment