Wyk af van die sleurgang
Annelie Botes
skryf in vandag se Van Alle Kante: “Ons
behoort onsself gedurig daaraan te herinner dat dit helend vir ons menswees is
om oomblikkies te skep om af te wyk van die sleurgang.”
Absolute musiek in
my ore.
Ek doen dit alte
graag. En o, so maklik!
En nee, ek doen
dit met oorgawe! Ek skep nie oomblikkies nie. Ek doen dit ordentlik. Nie fyn
skeppies soos met ‘n fyn silwer lepeltjie nie, maar sommer met ‘n soplepel. Om af
te wyk van die sleurgang.
Oeps! Miskien is
dit waar die uitdaging in is – om dit bietjie-vir-bietjie te doen en nie
oorboord te gaan met die skepslag nie!?
En noudat ek dit
weer ‘n keer lees, wonder ek mos nog meer: sy noem dat ons vir onsself daaraan
behoort te herinner. Ek was alweer glad
te voortvarend en het gedink ek moet dit my leefwyse maak!
Maar elk geval tog
só helend vir die menswees!
No comments:
Post a Comment