Dit is nie altyd so nie
Dis gewoonlik nie
so nie.
Daar is só baie things to do and places to go, dat ons
onsself daarop instel om elke plek een maal te besoek en elke ding eenmaal te
doen en elke dis een keer te bestel. Te veel nuwes oom uit te toets!
Maar Melissa’s se
gestoofde pere in bloubessiesous (blueberry) met joghurt, is die beste ontbyt wat ek in ‘n lang
tyd geniet het! En met gekarameliseerde neute bo-oor gesprinkel – ‘n simfonie
van smake! Toe doen ek dit sommer weer. Ek eet binne vier dae dieselfde dis by
dieselfde eetplek – nou wel ‘n franchise tak, maar nogtans dieselfde konsep.
En ek beloof
manlief dat dit op ons laatontbyt spyskaart sal wees na sy aftrede. Lekker in ‘n
sonkolletjie met ‘n geurige koppie oggendkoffie en die lekker dis. Tuisgemaak.
Met liefde.
Soms moet mens net
herhaal wat uitsonderlik was! Om seker te maak dis wat jy proe en dis wat jy
ook wil maak! Maar dis nie altyd so nie. Om dalk nie in die groefie te verval nie, is daar nog baie
ander plekke wat ek moet besoek en disse wat ek moet uittoets!
No comments:
Post a Comment