Inspirasie
Irma Venter – adjunk-redakteur
van Engineering News – en ja, dieselfde
vrou is die bekende skrywer, was vanoggend ‘n gas op Groot Ontbyt. En wat ‘n
indrukwekkende vrou. Stil, ingelig, sonder fieterjasies. Geloofwaardig is die
woord wat by my opkom terwyl ek so na haar k yk en na haar luister.
Interessante
onderhoud vanoggend met haar oor die toekoms van motors. Elektriese motors, selfaangedrewe
motors, hibried, digitaal of aanlyn motors. Wat ookal. Sy weet van.
Raakskerms in
motors – gits, as die motor homself bestuur, kan mens seker op die skerm besig
wees met werk en dinge sonder die gevaar van ‘n boete!
Maar om van die
battery ontslae te raak? Die goed het mos nie ‘n einde aan hull ewe nie en is
net sleg vir die omgewing. Maar nee, meen sy, dit kan moontlik hergebruik word
as kragbronne in huise. Om ‘n tweede lewe vir die batterye te kry, maak dit
goedkoper en elektriese voertuie meer bekostigaar.
En saam met die
fenomenale omwenteling wat dit alles meebring, is daar ook die saak van nuwe
wetgewing rondom voertuie. Want wie is verantwoordelik as twee selfaangedrewe
motors bots?
Baie interessante
sake wat aandag moet geniet voor dit alles gebeur. Maar dat dit vinniger gaan
gebeur as wat baie dink, is waar. Die slim mense maak planne om die rekenaars
te leer waarop gereageer moet word as die motor so op sy eie die pad vat.
Kaapstad kry teen
die einde van die jaar elektriese busse. So vorder die tegnologie. En ons kan
nie agterbly nie. Maar vir eers trek ek my stapskoene aan om te kyk hoe
Kaapstad bult met al die toeskouers wat op pad is na die Justin Bieber konsert.
Geen motor beweeg in dié chaos hier onder my balkon nie!
No comments:
Post a Comment