Om te weet of nie
Sommige dinge is
goed om te weet. Sommige weet ons genadiglik nie voor die tyd nie!
Tot die ding jou
slaan! Soos die ouderdom. En siekte. En swaarkry. En sukkel.
Dis nie asof ons
nie wou weet nie, maar dis dat ons nie geweet het nie! Of so-iets.
Op ‘n dag, toe die
huwelik se eerste rosige skynseltjie bietjie dungeskuur is, vra ek my ma: “Hoekom
het ma my nooit vertel nie?” En haar antwoord: “Sou jy my geglo het?”
So het sy haar ook
heerlik losgemaak van daai lastige vrae oor “wat kinders wil weet” en wat nie
in daai dae in boeke geskryf was nie. Die ergste fliektonele was ‘n soenery. En
o, dit was erg woes!!! Haar verweer was: “Omdat jy my nooit gevra het nie”.
Waarop ek gewoonlik geantwoord het: “Wat moet ek vra as ek nie weet wat die
vraag is nie?”
Skielik is mens se
hare nie meer soos jy daaraan gewoond was nie. Daai hurk om jou skoene vas te
maak, gebeur nie sommer net so vanself nie. Kyk sonder die bril laat jou
vieslike verkeerde lettertjies op jou selfoon tik…
Maar daar is nog
soveel lekkertes om te geniet! Ek wonder watter slim raad my liewe moeder vir my
sou gee! Ons het onsself altyd voorgestel as susters – en dan het sy met ‘n
glimlaggie so saggies opgemerk: “Hulle sal wonder of ek die jonger een is!”. Ja, soos die jare my nou hier ondersteboklap,
sal hulle voorwaar dink ek is die ouer een, ma! Gelukkig het ek ‘n ruk gelede
nie geweet nie – ek sou dalk wou weghol!
No comments:
Post a Comment