Sprankelende seënwens
Al is die
Kersgeskenke se batterye pap gespeel teen hierdie tyd, die blinkertjies lankal
deur die stofsuier se maag, die geskenkpapier en linte met die vulliswa
straataf en die oorskiet van die Kerstafel uiteindelik nie meer ‘n faktor as jy
die yskas oopmaak nie, bly my wens vir jou steeds een van verwondering vir die
nuwe jaar.
Mag jy in die nuwe
jaar meer klaarheid hê oor wat jy wil en waarheen jy moet.
Mag jy seker wees
van wat jy nie wil nie en daarby hou.
En mag jy vrede in
jou hart hê oor wie jy is.
Mag elke dag van
die nuwe jaar vir jou soos ‘n geskenk wees wat jy met verwondering kan oopvou
en geniet. Want dit is met liefde vir jou gegee.
Yesterday's
the past, tomorrow's the future,
but today is a gift. That's
why it's called the present.
-Bil Keane
-Bil Keane
No comments:
Post a Comment