Kaapse straatkuiers
Hoe lekker het ons
nie gister in die Kaapse strate rongekuier nie!
Die jaarlikse Open
Streets is in hoofsaaklik Breëstraat gevier. Nog ‘n paar kleiner strate is
vanaf 10:00 tot 15:00 toegemaak vir verkeer. Dit het beteken dat mens kon loop
en kuier en drentel in die middel van die straat sonder die gevaar van in
motors se pad kom.
Dit het gewemel
van mense! En ek het nie een ou knorrie raakgeloop of raakgesien nie! Almal
vrolik en vriendelik en lus vir die vermaak wat oraloor gebied is.
Paaldansers,
matspringers, dansers, sangers, musikante, heupswaaiers – dink vreemd en
verregaande en dit was daar!!! Kinders wat prente op die teerpad teken en verf!
En almal wat wiele
besit, het kom wys hoe vleg hulle tussen die skares deur. Daar was
skopfietsies, eenwiel-gedoentetjies, rolskaatse, plankskaatse, fietse…
Natuurlik was daar
genoeg om aan te knibbel! Die food
trucks was daar en die restaurante en koffiewinkels het hul kant gebring!
Een van die
heerlike verrassings, was die Swing Dance van die Boogie Back Dance Co. Hulle
het ‘n studio waar jy instap en begin dans! Heerlik en vreugdevol! Loslyf! En
daar word gelag en gesels tussendeur. Sonder enige ondervinding van dans,
sonder ‘n maat, stap jy daar in en vat die maat. ‘n Jolige besigheid wat die
omstanders se voete laat tik en hul heupe laat swaai!
Wat ‘n heerlike
fees! Volgende jaar is ek weer daar!
No comments:
Post a Comment