Die lekkerte van lag
Onlangs sit ons en
kuier oor kos by ‘n tafel. Sommer net ‘n lekker ontspanne ete saam met van ons
kinders. Gesels net lekker.
By die tafel
langsaan is ‘n groep vroue van ses of sewe. Elke nou en dan is dit so ‘n geraas
van hulle kant af, dat ons eers moet ophou gesels. Ons kan mekaar nie eens hoor
nie soos veral die een vrou skree van die lag. Aanvanklik is dit steurend – ek sit
met my rug na hulle en wonder wat op aarde is so snaaks!
Tot die lekkerte
van hul lag ons ook affekteer. Ons kan nie help om saam te (glim)lag elke keer
as die “skaters” ons kant toe kom nie!
Hulle maak later
verskoning en vra of ons ‘n foto van hulle groep sal neem. Hulle was so veertig
jaar tevore saam op kollege. Meeste van hulle het tussendeur nooit kontak met
mekaar gehad nie.
Nou ja, as die
verlede mens so lekker kan laat lag dat die omstanders se koppe draai, moet
mens dit doen! Om te lag dat die trane loop! Wat ‘n voorreg!
Ek sal darem graag
van daai stories wou hoor! Hulle lyk na ‘n bedrywige groepie wat vet pret gehad
het!
No comments:
Post a Comment