Ek is moeg
van mense wat
gedurig kla
van skryfbehoeftes
en boeke wat nie by skole afgelewer word nie
vir onderwysers
wat staak
vir mense wat
brande stig
vir mense wat
leuens vertel.
Ek is sommer moeg
as my gunsteling tennisspeler nie die bal oor die net kry nie.
Die naweek gaan ek
bietjie Karoo toe. Daar gaan ek
iewers in die stilte sit en alles weer geniet. Sonder om moeg te wees. En as ek terugkom,
is ek weer vol lus vir die lewe. En sien ek weer kans vir mense wat kla.
En intussen het my
gunsteling tennisspeler die bal genoeg kere oor die net gemoker om deur te dring
tot die finaal! Ek voel sommer klaar stukke beter! (Hoop hy het tyd om uit te rus en is nie te moeg vir daai laaste
rondte nie….)
No comments:
Post a Comment