Daai optelsom…
Vanoggend stap ek
by ‘n mooie winkel in en die vriendelike assistant vra of ek my vakansie geniet
het. Foeitog, ek kan mos nie vir haar vertel dat ek permanent met vakansie is
nie! Die arme kind het dan pas begin werk na haar vakansie en die jaar lê lank
en opdraend voor haar! Maar sy verseker my dat sy ook ‘n lieflike vakansie
geniet het. Dis net dat die kleertjies nou bietjie stywer pas na die vakansie.
Ja, dis so. Maar
dis deel van vakansie hou. Om lekker te kan eet, my kind!
Onlangs lees ek op
die spyskaart van ‘n restaurant die volgende:
Calories:
Tiny creatures that live in the closet and
sew your clothes a little bit tighter every night.
sew your clothes a little bit tighter every night.
Dan dink my suster
(weereens) daar is iewers fout met my kop as ek vir haar vertel dat ek ‘n
kilogram of twee verloor voor ek met vakansie gaan! Vir my maak dit heeltemal
sin.
Hoe meer
vingertjies ek in die lug moet steek vir die kersies op die verjaardagkoek, hoe
moeiliker blyk die saak te wees. Maar om lekker te eet, bly ‘n voorreg!
No comments:
Post a Comment