Die vreugde van die lewe
Vanoggend kuier ek
saam met vriendinne uit die verlede en ontmoet nuwes. Lieflike mense.
Een van die dames
merk op hoe lekker dit vir haar is om ouer te wees. Ek sê: “Nog van daai,
asseblief! Hou aan met praat!!”
Hoe ‘n lekker
voorreg om saam met ‘n groep vrouens te sit en gesels. Elkeen met ‘n eie
storie. Elkeen met ‘n eie stuk swaar. Maar elkeen dankbaar. En vrolik. En vol
omgee vir mekaar.
Dis mos maar die
ou storie van: Kyk jy vas in die gat in die doughnut?
Is die glas halfleeg of halfvol?
Niemand anders kan
jou denke verander nie. Jy self is verantwoordelik vir waarmee jy jouself en
jou gedagtes besig hou. Wat jy dink, is wat jy is of wat jy word.
Komaan! Sien die
lekkerte van wat rondom daai doughnut
se gat aangaan!
2 comments:
Daar moet meer sulke geleenthede wees.
Ek stem saam.
Post a Comment