‘n Jaar se dae en dinge
Gister het ons ‘n
jaar se verblyf hier in onse kasteel gevier.
En skielik is daar
moontlik net so 6 maande se bly hier neffens die groot klip oor…
Die een vraag wat
seker die meeste in ons ouderdomsgroep gevra word, is: “Hoe lank gaan julle nog
in jul huis aanbly?” Maar vir ons word
gevra: “Wat gaan julle doen nadat die broodwinner afgetree het?”
Ons weet nie! Die
lekkerte is dat ons opsies het, maar nie nou hoef te besluit nie. Dus probeer
ons werklik “in die oomblik” leef. Ons geniet die stad se energie. Die voorreg
om in een van die mooiste stede in die wêreld te mag woon. Om saam elke dag die
nuwe en vreemde en snaakse van hier om ons te kan beleef, is vir ons lekker! Om
dit te kan beleef, maar veral om dit saam te kan beleef.
En hier is ‘n paar
van die vele lesse wat ek die afgelope jaar geleer het:
No comments:
Post a Comment