Lankal se
Lekkerbekkie
Die
afgelope naweek het ons met sommige van die spruite en een se vriendin in die
Pakhuispas gaan draai. ‘n Besonderse naweek van uitspan en opnuut bewus raak
van die Sederberge se stilte. (Maar ook agtergekom hoe eina die angel van ‘n
kleine bytjie kan maak!)
Saterdagmiddag
het ons by Lekkerbekkie in Wupperthal gaan rooibostee drink. In die hitte. Maar
dit was goed. Die eenvoud. Die koelte van die stoep.
En ook net
so goed om ‘n slag weer te dink aan die Afrikaanse geneesheer, plantkundige,
joernalis, digter, dramaturg, skrywer –
C Louis Leipoldt (1880 – 1947) – wie se oupa stigter was van Wupperthal. Alhoewel
Leipoldt in Kaapstad gepraktiseer het as pediater, is hy tussen sy geliefde
Hantamberge in die Pakhuispas begrawe.
Wat ‘n
heerlike voorreg om saam met geliefdes die sterre dop te hou in ‘n Karoonag!
Blink diamante wat skitter en verskiet!
Al is
Oktober nou ook al hierdie jaar verby, bly dit seker een van Leipoldt se mees
geliefde gedigte.
“Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
…………
Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!”
…………
Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!”
Dr C Louis
Leipoldt se nagedagtenis word lewendig gehou deur o.a. plekke wat na hom
vernoem is, soos Louis Leipoldt MediClinic waar ons jongste gebore is en Leipoldt’s
Restaurant in Pretoria.
|
No comments:
Post a Comment