In verwondering
Vanoggend luister
ek na Johan Heystek se boodskap wat aanmoedig dat ons weer – en meer – in verwondering
moet leef.
‘n Goeie oefening
is dit beslis! Raak weer bewus van elke ietsie in en om jou. In die oggend as
jy wakker word, in die aand voor jy gaan slaap. Deur die dag. In die nag.
So was menige die
afgelope week in verwondering oor die maan. Die superman. So mooi. So spesiaal.
En vir baie was dit toe ook sommer ‘n verskoning (asof ouboet ‘n verskoning
nodig het om so ‘n besonderse foto te neem!) om saam te kuier en saam te kyk.
No comments:
Post a Comment