Monday 11 April 2016

MAANDAG

Na aftrede besluit mens watter kleur jou dag is.

Vandag: Blou.

Maar ‘n mooie!

Sagteblou herfslug hier teen die voet van ou Tafelberg. Hier is ‘n mistigheid, maar beslis ‘n sonskyndag. 

Vandag stap ek en ‘n vriendin hier tussen die lieflike ou geboue met ons kameras. Selfoonfoto’s sodat ons nie soos toeriste lyk nie. Haar een versoek: Sy wil ‘n Macchiato iewers drink. Ek doen navorsing by Die Universiteit van Google:

Caffè macchiato (Italian pronunciation: [kafˈfɛ mmakˈkjaːto]), sometimes called espressomacchiato, is an espresso coffee drink with a small amount of milk, usually foamed. 

Ek besluit die beste koffieplek in Kaapstad (volgens ‘my masjientjie’ wat ek raadpleeg) is Bean There in Waalstraat. Lekker stappie. Hoop maar net hulle maak daai saak volgens haar begeerte. [Is toe so...]

Met die treine wat oor die naweek hier by die Kaapse Stasie aan die brand gesteek is, word druk verkeer op die N1 verwag. Vriendin se reis stad toe sal dus langsaam verloop. Maar sy is ‘n dapper vrou en verstandig om nie vroegoggend die tog aan te pak nie. 




3 comments:

Hadassa said...

Jy sal seker Shift se koffie's geniet hulle sit op Main Road in Greenpoint. Hulle het ook baie lekker goed om te eet! (ek's mal oor hulle yoghurts met granola ;) ) xx Hadas

Unknown said...

Sal beslis moet gaan proe! 'n Europese meisie weet mos hoe goeie koffie moet smaak - dankie vir die aanbeveling!

Hadassa said...

<3 stuur hulle groete van my. Saul sal vir jou die lekkerste koffie serveer.
En een dag gaan ons weer saam 'n koffie drink!