Mooie, mooie Kaapstad
Gister kom manlief hier ingestap met: Veels geluk! Ek wonder toe dadelik
wat ek gewen het, want my verjaardag is pas verby….
Hy soek altyd ywerig na “iets om te vier”. En as hy nie daadwerklik iets
kry nie, is daar altyd die voorreg om die lewe (en Die Lewe!) te vier. En dan
is ek maar net te gewillig om mee te doen.
Terug na die gelukwensing met die instap.
Dis toe, volgens The Telegraph, vir ons mooie Kaapstad wat benoem is as die mees gewilde stad in die wêreld! Hieronder ‘n uittreksel:
Dis toe, volgens The Telegraph, vir ons mooie Kaapstad wat benoem is as die mees gewilde stad in die wêreld! Hieronder ‘n uittreksel:
The Telegraph's annual travel survey, based on 75 000 responses from British
and European travellers, has named Cape Town its readers' favourite city in the
world for the fourth consecutive year, pipping Venice, Italy and Vancouver to
the top spot.
The survey by the
British newspaper is recognised as the most comprehensive and reliable travel
review by British tourists.
The survey highlighted that it was easy to understand why so many
travellers, in particular young tourists, picked Cape Town as their favourite
city. "The brooding Table Mountain is too recognisable; the beach resorts
of Camps Bay too enticing; the history which swirls around the metropolis… too
absorbing," the paper reported.
Wat ‘n voorreg om hier aan die voet van ou Tafelberg te kan woon!
Wat ‘n voorreg om hier aan die voet van ou Tafelberg te kan woon!
En wat ‘n voorreg
om dit te kan vier!!!
Oeps! Hier val ek
amper van my stoel af soos ek hop van die skrik vir die 12h00 kanon! Ja, soms
hoor ek hom glad nie, maar party dae is ek wawyd wakker op die middaguur!!! (My slim
vriendin sal kan bevestig dat dit ook te doen het met watter kant toe die
luggie trek…)
No comments:
Post a Comment