Om herinneringe te skep…
Ons gesin moet
moeite doen om almal saam te kuier. Sommige woon ver weg, sommige werk lang
ure, sommige kan nie in die hoogseisoen met vakansie gaan nie.
Dus probeer ons
iewers in die jaar ‘n spesiale saamkuier-naweek beplan. Nie so maklik nie. Maar
soms kry ons dit tog reg. En dan is dit ekstra spesiaal en baie, baie kosbaar.
Onlangs het ons so
‘n naweek afgesluit met ‘n saamkuier by die lieflike Equus Restaurant op die
Cavalli Landgoed tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Wat ‘n heerlike bederf!
En van watter kant af jy dit beskou, dit bly indrukwekkend en kos vir die siel.
Dis so kosbaar om
terug te kyk na al die foto’s van saamkuier en die “onthou-jy-nog” van lank
gelede. Soms met ‘n hartseer, maar altyd met ‘n dankbaarheid vir gedeelde
oomblikke. En baie, baie dikwels met ‘n lekker lag oor wat lank, lank gelede
gebeur het!
Bou aan daai
herinneringe. Dis so nodig!
No comments:
Post a Comment