SONDAGSTILTE
TRUTH koffiewinkel. Knus langsaan die St Andrew’s Presbyterean
gemeente. Hulle roem daarop dat hul die beste koffie in Kaapstad bedien.
Aromaties en geurig! En die Presbitereaanse gemeente het die beste nuus in
Kaapstad. Vergifnis en bevrydende Vrede!
Ongekompliseerde kerkdienste in
Afrikaans en Engels met ‘n boodskap van eenvoud en waarheid. Onpretensieus. En
is dit nou nie kosbaar in hierdie tyd en eeu nie! So bevrydend om gestroop te
wees van die “ek moet” en terug te kom na die “ek wil”, want “Hy is”.
So sit ons vir ‘n uur of wat na die kerkdiens in Truth se
skadukolletjie en geniet net. Rustig. Genotvol. Tot só ‘n mate dat manlief
vergeet om te betaal toe ons wegstap…. Die kelner het maar net rustig
agternagekom en gelag! Relaxing to the
extreme…
No comments:
Post a Comment