Letters, woorde, sinne, stories
Lekkerte van
luister was gister my voorreg! Vir ‘n hele uur kon ek in die Boeketent by die
Woordfees agteroorsit en luister na Annelie Botes!
Sjoe, dis nou ‘n
vrou wat ‘n pad stap! En ja, baie van die draaie en opdraendes wat sy uitbeur,
skep sy vir haarself! Maar sy kan! En sy doen!
As sy haarself
voorstel as ‘n eerlike skrywer, is dit wat jy kry. Eerlike waarhede. Soos die
ding is, so noem sy hom en so skryf sy hom en so is dit! Nie altyd gemaklik vir
die leser nie, maar heerlik kloof sy bietjie daai toegeboute gedagtetjies van
ons oop! Om weer vars te kyk, goed te luister, mooi te kyk….
Ek sien uit na
Lugkasteel, maar wonder of ek dapper genoeg is om dit saans te lees…. Volgens
Annelie is dit regtig waar dat sy bedreig gevoel het in daai kasteel. En klink
my dit was meer as net ‘n gevoel….
No comments:
Post a Comment