Maandag se dinge
Maandag. Blou?
Watwou! As mens afgetree is, doen jy wat jy wil!
Sê wie?
Daai huisie moet
skoongemaak word. Daar moet gestap word om die naweek se verleidelikhede weg te
werk. Wasgoed het opgehoop.
Maar dis ‘n nuwe
maand en boonop ‘n nuwe seisoen! Tyd vir ou spinnerakke wegmaak!
Hoe lyk dit met
iets nuuts? Daai ding wat jy nog altyd wou…? Nee, nie die onverantwoordelike
goed nie! Ons is mos mooi groot en wys. Moet nou nie iets staan en doen waaroor
jy later spyt kry nie. Los dit vir die tieners.
Doen gou daai
huiswerkies klaar, kry die skoentjies aan en dans deur die lewe! Sorg self vir
die pret as dit nie so maklik sommer vanself na jou kant toe wil kom nie!
Die foto is van 'n kunswerk in 'n gallery in Franscchoek. Vir die een mag mens die Engelse woord gebruik: "Precious!" Dalk is dit haar naam....
1 comment:
Precious en pragtig hierdie keunstwurk!
Post a Comment