Die lekkerte en slegte
My rekenaar is my
maatjie. Ek is baie lief vir my rekenaar. Ons speel baie saam.
Maar soms gesels
ons – eintlik net ek - sommer hard. As hy (ja, ‘n rekenaar is manlik – nie
maklik, manlik). Die saak is mos maar so. As dinge werk, is dit heerlik. As
dinge haak, is dit nooit lekker nie. Nie met ‘n rekenaar nie, nie met ‘n
ritssluiter (wat haak) nie, nie met enigiets anders nie. Haak laat my sommer
staak.
Dan vra ek vir my
liefie: “Kyk gou hier! Die ding wil nie wat ek wil nie…”. Dan staan liefie
rustig en geduldig en (ek hoop) liefderik nader. En kyk. En vra: “Nou wat is
fout? Dit werk dan!” Ja, ja, ja. Dit is soos dit is. As hy naby is, werk die
goed.
Gister sit ek in iemand
anders se huis en werk op my rekenaar. S-t-a-d-i-g. Die seine is swak. Ek moet
rustig wees. Geduldig. Tydsaam. Nie haastig nie.
Maar ek is so lief
vir my maatjie. Ons speel so lekker saam. Solank maatjie net nie dwarstrekkerig
raak nie…. Foeitog, dis seker ‘n virus. Moet ook seker verstaan dat
seisoensveranderinge dalk iets te make het met die saak. My maatjie het seker ‘n
verkoue onder lede…. Of dalk raak my maatjie senuweeagtig as ek so sukkel....
No comments:
Post a Comment