Lieflike Lente!
Of dit nou droogte
is en ons nog baie reёn begeer en of dit nog koud om die boud is hier in die
Kaap – dis Lente!
Lente het darem
net sy eie bekoring. Die sagtheid van nuwe blaartjies en blomknoppies wat
uitgestoot word. Groenigheid en blommetjies wat oraloor kop uitsteek. Dit bly
so mooi en spesiaal.
Nuwe lewe wat deur
Lente versinnebeeld word. Hoop. Opgewondenheid in die lug. Die eekhorings is
sommer ekstra vol lawwigheid met hul bollemakiesies!
En natuurlik al
die nuwe uitrustings wat die jongmeisies nie meer kan wag om te vertoon nie!
Gladde beentjies, lyfies wat draai en swaai.
Om nie van die
liefde te vergeet nie! Dis mos wetenskaplik bewys dat die liefde werklik in die
Lente blom!
No comments:
Post a Comment