Friday 29 September 2017

Huiskos

Huiskos. Koshuiskos. Darem naby mekaar as mens dit skryf. Maar daar hou die ooreenstemming op!

Ek ruik nog daai donker skoolkoshuisgange. En nee, al was dit net vir ‘n kort tydjie, was dit nie vir my lekker tye nie. Dis dalk hoekom die hawermoutpap wat ek soggens maak, vir my nie lekker smaak nie… Maar ek doen dit. Hulle vertel my dis gesond en goed vir my. Hoe sal mens nou ook ooit regtig weet?

Van die lekkerste lekker vir my is om my kinders en hul liefies om my tafel te laat aansit met huiskos. En ons gesels en kuier en geniet sommer net mekaar. Omdat dit baie raar is dat ons al agt gelyktydig bymekaar is, des te meer kosbaar. Dan raak huiskos sommer koesterkos.

Toe manlief die groot vraag vra, het hy een versoek gehad: “Ek weet jy wil graag ses kinders hĂȘ, maar kan ons maar probeer vir vier?” Nou het ons ses met die liefies wat deel is van ons gesin. En komende van ‘n man wat enkelkind was, was dit sekerlik ‘n redelike versoek. En natuurlik het hy geweet ‘n onderwyser se salaris is net soveel.


Nou verlang ek sommer na my ma se tafel. Haar kos. 
Tyd dat ek die spyskaart bedink…..

No comments: