The Story
of my Life
Dis die
heruitsending van Bobby en Karlien van Jaarsveld se tv-program op VIA wat my
weer ‘n keer tot stilstand bring. Ek kyk dit vir ‘n tweede keer. Ek nooi
manlief om saam te kyk. Hy ken sy vrou goed genoeg om te weet hy kan maar kyk –
daar is iets spesiaals wat gedeel moet word.
So dikwels kyk ons
vas in vooroordele. Ons besluit “dis nie eintlik ons ding daai nie”. En sonder dat
ons dit weet, mis ons iets besonders wat ons lewens aanraak en ons manier van
dink verander. Dis so met hierdie tv-reeks. Ek het nie belang gestel nie. Toe
kyk ek eendag so in die verbygaan. En daar sien ek waaroor dit eintlik gaan.
Genoeg gesê. Kyk self. Jy sal beslis nie spyt wees nie. Elke episode delf diep.
Beslis nie oppervlakkige blinkheid nie.
Die episode met
Vernon Barnard raak mens se hart aan. Vernon is die blinde jongman wat aan The
Voice deelgeneem het. Met sy liedjie het hy harte geroer. So ook in die
tv-program met die Van Jaarsveld celebrities
wat sagte harte het.
No comments:
Post a Comment