‘n Lekker pot sop
op die stoof. Manlief se bestelling vir vanaand. Met baie groente en volop
geur. En ‘n stukkie vleis moet by volgens vriend van vergange. En net die regte
weer daarvoor!
So van lekker
gepraat. Gister kyk ons na ‘n tv program waarin iemand vra: Wat beteken “mooi”
en “lekker” vir jou? Wat is vir jou mooi? Wat is vir jou lekker?
Dit het nogal
interessante denke tot gevolg gehad. En vir myself is die twee nogal soos
Siamese tweeling. Wat vir my mooi is, is ook vir my lekker. Wat vir my lekker
is, is ook vir my mooi. Maar sê nou net die twee mag nie dieselfde wees nie?
Mmmmm, wag laat ek nog verder dink…. Manlief se antwoord oor wat vir hom mooi
en lekker is, was verrassend insiggewend. Gedink ek ken hom na soveel baie
jare!
No comments:
Post a Comment