Sneeuwitjie
Gister het ek toe
ook vir Snowy ontmoet. Die wit eekhoring in die Kompanjiestuin.
Om die regte hoek
te kry om die sakie van eekhorings voer op “film” vas te lê, is ook ‘n missie
op sy eie. Die skaduwees moet nie te veel wees nie, die voerder moet darem uit
die regte hoek afgeneem word. En die fotograaf moet betyds besluit of dit ‘n
foto vanuit sittende posisie moet wees. Want om plat op die grond te gaan sit
en op te staan vanaf “platvoerse”posisie is nie meer so maklik soos in die
jongdae nie!
En dan is sommige
van die eekhorings letterlik en figuurlik uitgevreet.
So met ons stappie
op soek na nog ‘n eekhoring om te voer, loop ek en nig toe vir Snowy raak.
Onbewus daarvan dat dié spesiale eekhorinkie moontlik die enigste wittetjie in
die omgewing is, lok ons haar(?) toe ook nader vir ‘n grondboontjie of twee.
Gelukkig kry ek die skoot toe perfek reg.
By nadere
ondersoek kom ek toe agter dat die wit eekhoring geruime tyd in die omgewing
is. Ons het die diertjie nog net nooit voorheen opgemerk nie. Nou sal ek vir
seker weer moet gaan soek. Ek wonder of Snowy altyd in min of meer dieselfde
omgewing woon. Sal moet gaan kyk!
No comments:
Post a Comment